Bacchus Nel - Official Site

 


  gigs | te koop | kiekies | liedjies | kontak | besprekings | resensies | tuis

Te Koop

Bestel Bacchus Nel se debuut album In Die Arms Van Die Nag - van kalahari.net

In Die Arms Van Die Nag - Bacchus NelBacchus Nel, die Pretoriase sanger, se debuutalbum In die arms van die nag, is nou beskikbaar. Hierdie twaalf snit werk is opgeneem en voltooi onder die bekwame leiding van Lanie van der Walt (van Not my dog en Wolmer Records) en bekende blues-rocker Piet Botha.

Volgens Theunis Engelbrecht, bekende musiekjoernalis, is Bacchus Nel een van slegs n paar nuwe name wat vinnig besig is om die grense van Afrikaanse musiek te verskuif soos nog niemand voor hulle dit kon doen nie. Engelbrecht noem Nel ook n sanger wat mense betower en diep ontroer met sy posie en musiek. In sekere kringe word daar ook reeds na hom verwys as die Gert Vlok Nel van die nuwe geslag, aldus Engelbrecht.

Nel se beeldryke skryfstyl asook sy sensitiewe introspeksie maak van hierdie meer as net nog n album vol "braaivleismusiek". Die hipnotiese effek van hierdie jong sanger kom duidelik deur en ten spyte van Botha en Van der Walt se invloed druk hy sy stempel stewig af op sy eie werk.

Vriende en kamerade saam met wie hy gereëld optree is Riku Latti, Albert "die Wolfman" de Vos en die digter Kabous Verwoerd.

Snitlys:

1. In Die Arms Van Die Nag
2. Raam Dit Met Die Son
3. Oppieplaas
4. Fantasee
5. Treine
6. Rooiwyn Winter
7. Depot Provera
8. Herfsman
9. Tel Jou Kleingeld, Tel Jou Cigarettes En Tel Jou Luck
10. Trek Oop Jou Gordyne
11. Sunnyside
12. Corner Kafee


This site can be viewed at almost any resolution
Please report any problems to the Webmaster
Copyright ©
CoZania December 2007