OffisiŽle Webtuiste - Bacchus Nel
Bacchus Nel - OffisiŽle Webtuiste

 


     nuus | liedjies | videos | kiekies | te koop | kontak | besprekings | bio | tuis
 


Te Koop

Bestel Bacchus Nel se tweede album Tussen Junk & Jewelry - van info@bacchusnel.com

Tussen Junk & Jewelry - Bacchus Nel & Marissa WestBacchus Nel se tweede album: Tussen Junk & Jewelry, is nou beskikbaar. Hierdie elf snit werk is opgeneem en voltooi in 'n nuwe samewerking met Marissa West. Luister na die voorsmaakselsnitte deur hierso te klik.

 

Snitlys:

1. Tussen Junk & Jewelry
2. Sondagoggend Basement Blues
3. Hey Baby
4. Sy's Nat soos 'n Painting
5. Bitterblou
6. Die Dooie Hoender Wals
7. Ons Ry die Nagmerrie Bloots
8. Die Wolwe se Getjank
9. Vrou van Kennis Goed en Kwaad
10. Tussen die Bottel en die Brug
11. Maak Oop Laat my In





Bestel Bacchus Nel se debuut album In Die Arms Van Die Nag - van info@bacchusnel.com

In Die Arms Van Die Nag - Bacchus NelBacchus Nel, die Pretoriase sanger, se debuutalbum In die arms van die nag, is nou beskikbaar. Hierdie twaalf snit werk is opgeneem en voltooi onder die bekwame leiding van Lanie van der Walt (van Not my dog en Wolmer Records) en bekende blues-rocker Piet Botha.

Volgens Theunis Engelbrecht, bekende musiekjoernalis, is Bacchus Nel een van slegs n paar nuwe name wat vinnig besig is om die grense van Afrikaanse musiek te verskuif soos nog niemand voor hulle dit kon doen nie. Engelbrecht noem Nel ook n sanger wat mense betower en diep ontroer met sy posie en musiek. In sekere kringe word daar ook reeds na hom verwys as die Gert Vlok Nel van die nuwe geslag, aldus Engelbrecht.

Nel se beeldryke skryfstyl asook sy sensitiewe introspeksie maak van hierdie meer as net nog n album vol "braaivleismusiek". Die hipnotiese effek van hierdie jong sanger kom duidelik deur en ten spyte van Botha en Van der Walt se invloed druk hy sy stempel stewig af op sy eie werk.

Vriende en kamerade saam met wie hy gereŽld optree is Riku Latti, Albert "die Wolfman" de Vos en die digter Kabous Verwoerd.

Snitlys:

1. In Die Arms Van Die Nag
2. Raam Dit Met Die Son
3. Oppieplaas
4. Fantasee
5. Treine
6. Rooiwyn Winter
7. Depot Provera
8. Herfsman
9. Tel Jou Kleingeld, Tel Jou Cigarettes En Tel Jou Luck
10. Trek Oop Jou Gordyne
11. Sunnyside
12. Corner Kafee

OffisiŽle Webtuiste - Bacchus Nel